ʼn Kort Opsomming:

Reis met Mandie Uys toere is vir avontuurlustige, nuuskierige mense wat niks wil mis nie vir wie elke oomblik tel.

Wat ons die graagste wil doen is om ons kennis en ervaring oor plekke, mense, geskiedenis en kultuur met ander te deel maar terseldertyd mense die kans te bied om nie net te hoor en te sien nie, maar individueel te ervaar, te belewe en te ondersoek.

Ons toere gemik op kleiner, meer beweeglike groepe wat n nis vervul en jou ervaring uniek en onthoubaar te maak.

Moskou 2020: 20 Aug – 30 Aug

Spesiale Aanbod: R33 000 indien plek bespreek word voor 15 Maart 2020 (en deposito betaal)

Moscow

Kom ervaar Moskou en St. Pietersburg soos nooit tevore met Reis met Mandie Uys.

Hierdie is n meer gefokusde toer met ʼn kleiner groep mense wat belangstel in meer as net sien… wat die ware Rusland wil beleef, ervaar en ontdek.

Ons stap baie, ry met plaaslike vervoer, eet gewoonlik middagetes by plaaslike eetplekke en maak kennis met die gewoontes en gebruike van die plaaslike inwoners.

Hierdie toer is vir die toeris wat meer tyd wil hê vir fotografie en besoeke aan museums, parke, markte, besienswaardighede en kerke saam met ʼn ervare toergids of op hul eie.

Pryse sluit in:
*Vlugte en toerbelasting
*Akkomodasie en Etes
*Toer Versekering
*Vervoer Kostes (Busse/Treine)
*Uitstappies en Ingangkostes by Museums en nog meer

In Moskou sluit ons uitstappies in: Izmaelovo mark, bustoer van die stad , Kremlin met sy katedrale en asemrowende museum, ruimtevaartmuseum, Arbatstraat, Rooi plein in die nag en weer in die dag, metro-toer, Tretiakov gallery, Kolemenskoe, Bootrit op die Moskourivier, Oorlogsmuseum en Victory Park, Kitty Gorov en die Gum, St Basil’s en Lenin se graf.

In St. Petersburg: ‘n stadstoer, besoek Hermitage, Peterhof en Paleis, Church on the Spilled Blood, n bootrit op die kanale, St. Isaacs, en n verskeidenheid museums en besienswaardighede van eie keuse soos die Faberge museum, Museum van ateïsme, Peter and Paul Fortress en nog meer.

Prys: R35 000 (alles ingesluit)

Bespreking Deposito: R3000 per persoon.

Die res van die bedrag is afbetaalbaar tot einde Junie 2020.

So, kom geniet Rusland saam met ons.

Vir meer inligting en om jou plek te verseker, kontak ons per epos: info@reismetmandieuys.co.za

Matriek Toer 2020: 30 Nov – 12 Dec


ʼn Matriekvakansie om van te droom!
Vergeet Jeffreys of Plettenbergbaai en kom saam na Praag, Wene, Saltzburg en Bratislava…4 stede, 3 lande!

Beleef Kersmarkte, Straatkarnavalle en warm Gluhwein. Stap in die strate van Praag en ontdek die legendes van oud!

Pryse sluit in:
*Vlugte en toerbelasting
*Akkomodasie
*Toer Versekering
*Twee Maaltye per dag
*Vervoer Kostes (Busse/Treine)
*Ekskursies en addisonele uitstappies.

 

Sommige ingeslote ekskursies:
‘n Rit met die kabelspoor en ‘n besoek aan die kasteel in Salzburg, ‘n konsert in Prague of Vienna, ‘n rit op die Prater in Vienna en ‘n besoek aan die pretpark, kaartjies vir ‘n interaktiewe tydmuseum en vele meer.

Alles vir die lae prys van R35 000 (geen verskuilde kostes)

Bespreek jou plek met R3000 en betaal die res van die bedrag tot en met einde September 2020

Vir meer informasie en om jou plek te verseker, kontak ons per epos: info@reismetmandieuys.co.za

*al ons toere sluit in reisversekering

Kontak Ons:

Julle kan ons per epos by: info@reismetmandieuys.co.za

Julle kan ons per selnommer by: 082 820 1822

Mandie Uys op die Radio

Kyk nuut na Moedertjie Rusland: Die tsaardom en ikone

Johan Rademan gesels met dr. Mandie Uys oor die tsaardom en ikone in Rusland, met spesifieke verwysing na Uglich wat amper die hoofstad van Rusland was.

Kyk nuut na Moedertjie Rusland: Suid-Afrikaners en Russe –  ooreenkomste en verskille?

Wat is die verskille en ooreenkomste tussen Suid-Afrikaners en Russe? Johan Rademan vra dr. Mandie Uys uit, terwyl president Vladimir Poetin Blueberry Hill sing by ‘n liefdadigheidsbyeenkoms.

Kyk nuut na Moedertjie Rusland: Moskou of St. Petersburg?

Johan Rademan gesels met dr. Mandie Uys van die Noordwes-universiteit, waar sy as dosent in Engels is, wat ‘n liefde vir Rusland ontwikkel het. Die afgelope dekade reis sy gereeld van Suid-Afrika na Rusland. Moskou of St. Petersburg (die ou Leningrad).

Kyk nuut na Moedertjie Rusland: Die Amberroete

Reis op die Amberroete in Rusland saam met Johan Rademan, ‘n Russiese amberkenner, en dr. Mandie Uys.

Wat lê voor vir Mandie Uys:

Met meer as 50 toere as toerleier en/of toergids vir verskillende maatskappye en n aantal, onafhanklike self-gereelde toere op my kerfstok , het dit tyd geword om my passie uit te leef en te doen wat regtig vir my lekker is. Dit is nie altyd wat mens so ʼn geleentheid kry nie!

Ek is ook baie opgewonde oor die volgende toere:

Toere net vir Dames: wat nie altyd lus het of veilig voel om alleen te toer nie. Hier dink ons spesifiek aan n toer gedurende Kersseisoen vir dames wat heerlik kersinkopies wil doen by verskeie Kersmarkte en slaggereed wil terugkom huistoe betyds om Kersfees saam met geliefdes te vier.

As jy meer wil weet en jou plek verseker op ons toere: Epos ons by: info@reismetmandieuys.co.za

Hou ons spasie dop want hier kom nog groot en lekker veranderings.